OMSENDBRIEF PF NO. 90

12/12
May 1997

(Gerig aan alle pensioenfondse (ingeslote aftree-annu�teite en voorsieningsfondse in die mate waartoe hierdie vereistes van toepassing is))

OPENBAARMAKING VAN INLIGTING AAN PENSIOENTREKKERS, UITGESTELDE PENSIOENTREKKERS EN AFHANKLIKES VAN AFGESTORWE LEDE - MINIMUM INLIGTING WAT OPENBAAR MOET WORD


INLEIDING

Omsendbrief PF 86 l� riglyne neer ten opsigte van die minimum inligting wat openbaar moet word aan lede van pensioenfondse gedurende aktiewe lidmaatskap. Hierdie omsendbrief bevat die minimum inligting wat openbaar moet word waar voortgesette voordele aan lede betaalbaar is by aftrede; aan uitgestelde pensioentrekkers wat onaktiewe lede is en aan afhanklikes by die dood van lede.

WOORDOMSKRYWING

Vir doeleindes van hierdie omsendbrief sal die volgende woordomskrywings geld:

1. Algemene Inligting : Inligting met betrekking tot die fonds soos aangetoon in Deel 1 en wat bygehou moet word.

2. Aanvanklike Openbaarmaking : Algemene Inligting (Deel 1) plus die minimum inligting soos vervat in Deel 2 wat openbaar moet word deur middel van >n Openbaarmakingsdokument aan pensioentrekkers by aftrede, aan uitgestelde pensioentrekkers sodra hulle nie meer aktiewe lede van die fonds is nie en aan afhanklikes van afgestorwe lede by die dood van hierdie lede.

3. Jaarlikse Openbaarmaking : Algemene Inligting (Deel 1) plus die minimum inligting soos vervat in Deel 3 om jaarliks openbaar te word deur middel van >n Jaarlikse Openbaarmakingsdokument gerig aan pensioentrekkers en afhanklikes van afgestorwe lede.

4. Spesiale Openbaarmaking : Minimum Inligting soos vervat in Deel 4 om openbaar te word deur middel van >n Spesiale Openbaarmakingsdokument gerig aan pensioentrekkers, uitgestelde pensioentrekkers en afhanklikes van afgestorwe lede voor die aanvang van >n Spesiale Gebeurtenis. Spesiale Gebeurtenis sluit in, onder andere, die verandering van adres van die fonds of sy administrateur; die herstrukturing van >n fonds, die oordrag na of van >n fonds en re�lwysigings wat waarskynlik die lidmaatskap en/of voordele van >n pensioentrekker, uitgestelde pensioentrekker of afhanklike in enige mate aantas of verander.

5. Afhanklike : Hierby word ingesluit >n genomineerde aan wie enkelbedragvoordele in paaiemente betaal sal word.

Deel 1

Algemene inligting

1. Volledige naam van fonds asook die tipe fonds.

2. Geregistreerde adres van fonds en die naam van die hoofbeampte.

3. Die verwysings- of registrasienommer soos toegeken deur die Registrateur.

4. Volledige naam en adres van administrateur, indien toepaslik.

5. Name van persone wat dien as Bestuurslede.

6. Volle besonderhede van die kontakpersoon by die fonds of administrateur van die fonds wat ook die volgende aantoon:

- Naam van kontakpersoon

- Titel

- Telefoon- en faksnommers

- AE-mail@ - adres

- Fisiese adres indien verskil van die adres van die fonds of administrateur.

7. Voorgestelde prosedure in geval van navrae of probleme, asook die hantering van enige dispuut wat mag ontstaan met spesifieke verwysing na die Beregter.

8. Pensioentrekkers, uitgestelde pensioentrekkers en afhanklikes van afgestorwe lede moet versoek word dat die kontakpersoon waarna verwys word in par. 6 hierbo,skriftelik in kennis gestel moet word van alle naam- en adresveranderinge, bankbesonderhede of enige omstandighede wat betrokkenes se lidmaatskap of voordele kan be�nvloed.

9. >n Versoek dat die fonds skriftelik in kennis gestel word van die keuse van betaling, hetsy deur middel van >n tjek (per gewone of geregistreerde pos) of bankoorplasing. Melding moet gemaak word van wie die risiko dra in elke geval indien betaling nie die pensioenaris, uitgestelde pensioenaris of afhanklike bereik nie.

10. Advies dat die re�ls, finansi�le jaareind-state en aktuari�le verslag (indien van toepassing) ter insae l� by die geregistreerde kantoor van die fonds.

11. Advies dat die lede >n reg het om 50% van die Bestuurslede te verkies en dat die prosedure wat gevolg moet word in die re�ls vervat word en indien die fonds vrygestel is van hierdie voorskrif, moet lede dienooreenkomstig ingelig word.

12. >n Uiteensetting van die re�ls rakende die bestuur, beleggings en ander relevante sake van die fonds.

13. >n Versoek dat >n persoon of instansie, waar van toepassing, genomineer word vir voordele.

Deel 2

A. Aanvanklike Openbaarmaking aan Pensioentrekkers

1. >n Versoek dat die Aanvanklike Openbaarmakingsdokument bewaar word vir toekomstige verwysing aangesien alle Jaarlikse Openbaarmakingsdokumente saamgelees moet word met die Aanvanklike Openbaarmakingsdokument en alle opvolgende Jaarlikse Openbaarmakingsdokumente.

2. Volle name van Pensioentrekker.

3. Datum van aftrede.

4. Bevestiging van hoe die bruto pensioen bereken is en >n aanduiding van die keuse wat deur die pensioenaris uitgeoefen is met betrekking tot kommutasie.

5. Die bedrag van elke pensioenuitbetaling na kommutasie (indien van toepassing) asook gedetailleerde besonderhede van alle aftrekkings gemaak.

6. Die datum en gereeldheid van die uitbetalings.

7. Voorwaardes verbonde aan die uitbetaling van die pensioen, byvoorbeeld waarborgtyd, opskorting van die pensioen of be�indiging daarvan asook ander relevante inligting.

8. Melding moet gemaak word of pensioen aan verhogings onderworpe is en die beleid van die pensioenfonds rakende pensioenverhogings, indien enige. Die fonds mag aantoon dat verhogings nie gewaarborg is nie en die faktore wat sulke verhogings kan be�nvloed, mag aangedui word.

9. Vereistes wat van tyd tot tyd gestel kan word, bv. jaarlikse be�digde verklaring deur pensioentrekker, en die gevolge van nie-voldoening hieraan.

10. Enige ander voordeel betaalbaar, bv. pensioenbetalings aan afhanklikes en sterfte-voordeel.

11. >n Aanduiding of die pensioen >n onverbonde annu�teit is wat aangekoop is by >n versekeraar of >n pensioen betaalbaar deur die fonds, asook die implikasies wat gekose opsie inhou.

B. Aanvanklike Openbaarmaking aan Uitgestelde Pensioentrekkers

1. >n Versoek dat die Aanvanklike Openbaarmakingsdokument bewaar word vir toekomstige verwysing aangesien alle Jaarlikse Openbaarmakingsdokumente saamgelees moet word met die Aanvanklike Openbaarmakingsdokument en alle opvolgende Jaarlikse Openbaarmakingsdokumente.

2. Uitgestelde pensioentrekker se volle name.

3. Datum waarop aktiewe lidmaatskap gestaak word.

4. >n Beleidsverklaring wat aantoon of die uitgestelde pensioentrekker op enige gegewe tydstip mag onttrek van die fonds en hoe die voordeel by onttrekking bereken sal word.

5. >n Uiteensetting van die berekeningsmetode wat gebruik sal word om die sterfte-of ongeskiktheidsvoordeel voor aftrede, indien enige, te bepaal.

6. Die beleid van die fonds rakende die groei van die pensioenvoordeel, indien enige, gedurende die tydperk van uitstel. Hier mag deur die fonds aangetoon word dat hierdie groei nie gewaarborg is nie en die faktore wat die groei mag be�nvloed, mag aangedui word.

7. >n Uiteensetting van die pensioenvoordeel wat die uitgestelde pensioentrekker by aftrede sal ontvang.

8. Melding moet gemaak word of die pensioen by afsterwe aan verhoging onderworpe sal wees en die beleid van die Pensioenfonds rakende pensioenverhogings, indien enige. Hier mag deur die fonds aangetoon word dat verhogings nie gewaarborg word nie en die faktore wat sulke verhogings kan be�nvloed, mag aangedui word.

9. Enige ander voordeel betaalbaar, bv. pensioenbetalings aan afhanklikes en sterftevoordeel.

10. >n Aanduiding of die pensioen by aftrede >n onverbonde annu�teit sal wees soos aangekoop by >n versekeraar, of >n pensioen wat deur die fonds betaal sal word asook die implikasies wat gekose opsie inhou.

C. Aanvanklike Openbaarmaking aan Afhanklikes

1. >n Versoek dat die Aanvanklike Openbaarmakingsdokument bewaar word vir toekomstige verwysing aangesien alle Jaarlikse Openbaarmakingsdokumente saamgelees moet word met Aanvanklike Openbaarmakingsdokumente en alle vorige Jaarlikse Openbaarmakingsdokumente.

2. Afgestorwe lid se volle naam en datum van afsterwe.

3. Afhanklike/s se volle besonderhede.

4. >n Opsomming van alle voordele betaalbaar ten tye van dood van die lid, bedrae wat reeds uitbetaal is en bedrae toegewys ten opsigte van die pensioenbetalings van die afhanklike/s. >n Bevestiging van hoe die bruto pensioen bereken is.

5. Bruto pensioenuitbetalings tesame met alle aftrekkings moet aangetoon word.

6. Die datum en gereeldheid van die uitbetalings.

7. Voorwaardes verbonde aan die uitbetaling van die pensioen, byvoorbeeld waarborgtyd, opskorting van die pensioen of be�indiging daarvan asook alle ander relevante inligting.

8. Melding moet gemaak word of pensioen aan verhogings onderworpe is en die beleid van die pensioenfonds rakende pensioenverhogings, indien enige. Hier mag deur die fonds aangetoon word dat verhogings nie gewaarborg word nie en die faktore wat sulke verhogings kan be�nvloed, mag aangedui word.

9. Vereistes wat van tyd tot tyd gestel kan word, bv. afskrif van geboortesertifikaat of identiteitsdokument of bewys van voortgaande kwalifikasie vir voordele en die gevolge van nie-voldoening hieraan.

10. Enige ander voordele betaalbaar deur die fonds en die voorwaardes vir genoemde betalings.

11. >n Aanduiding of die pensioen >n onverbonde annu�teit is wat aangekoop is by >n versekeraar of >n pensioen betaalbaar deur die fonds, asook die implikasies wat gekose opsie inhou.

Deel 3

Jaarlikse Openbaarmaking

1. Datum van Jaarlikse Openbaarmaking.

2. >n Versoek dat die Jaarlikse Openbaarmakingsdokument bewaar word vir toekomstige verwysing en dat dit saamgelees moet word met die aanvanklike Openbaarmakingsdokument en alle opvolgende Openbaarmakingsdokumente en dat dit aanvanklike- en vorige jaarlikse openbaarmaakings op datum bring waar nodig.

3. Volledige besonderhede van alle veranderinge aangebring aan Aanvanklike Openbaarmakingsdokument in Deel 2 en die Algemene Inligting soos vervat in Deel 1.

Deel 4

Spesiale Openbaarmaking

1. Datum van Spesiale Openbaarmaking.

2. >n Versoek dat die Spesiale Openbaarmakingsdokument saamgelees moet word met die Aanvanklike Openbaarmakingsdokument en ook met alle Jaarlikse Openbaarmakingsdokumente waar van toepassing, en dat dit hierdie Openbaarmakingsdokumente op datum bring waar nodig.

3. Volle besonderhede van die Spesiale Gebeurtenis asook gevolglike implikasies vir die pensioentrekker, uitgestelde pensioentrekker of afhanklikes.

4. Aksiestappe wat ingestel kan word deur die pensioentrekker, uitgestelde pensioentrekker of afhanklikes indien hulle in enige mate besware wil opper, of te na gekom is as gevolg van hierdie Spesiale Gebeurtenis.

SAMEVATTING

Die voorafgaande l� riglyne neer ten opsigte van minimum vereistes gestel vir openbaarmaking. Daar is geen voorgeskrewe formaat waaraan voldoen moet word by die opstel of uitreiking van Openbaarmakingsdokumente nie en is enige vorm aanvaarbaar mits die dokument duidelik, ondubbelsinnig en in eenvoudige taal aangebied word.

Openbaarmakings mag aangebied word in een of meer van die amptelike landstale met in agneming van die samestelling en behoeftes van die lede. Pensioenfondse word aangemoedig om op >n gereelde basis vergaderings te bel� sodat besware gelug kan word, alle probleme aangespreek kan word en die lede op hierdie wyse ook inspraak kan h� in die bestuur van die fonds.

Die uwe

REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE

 


OMSENDBRIEF PF NO. 91

12/12
September 1997

(Aan alle self-geadministreerde fondse en hulle administrateurs (waar van toepassing))

WET OP PENSIOENFONDSE, 1956 : INDIENING VAN FINANSI�LE OPGAWES EN WAARDASIEVERSLAE

Die doel van hierdie Omsendbrief is om die bogenoemde aspekte wat reeds in vorige Omsendbriewe aangespreek is, saam te vat en fondse en administrateurs oor die toekomstige prosedures in te lig.

Fondse was reeds in paragraaf 4 van Omsendbrief PF 28 van 30 Junie 1976 herinner dat aansoeke om >n tydsverlening vir die indiening van opgawes hierdie Kantoor betyds (dit is voor die laaste dag van indiening) moet bereik en moet volledige redes verstrek waarom die dokumente nie betyds ingedien kan word nie. Fondse is ook ingelig dat hierdie Kantoor in die vervolg >n minder toegeeflike houding in hierdie verband sal aanneem.

In paragraaf 4 van Omsendbrief PF 28 van 30 Junie 1976 was fondse ook gemaan tot die tydige indiening van opgawes wat die registrateur betyds moet bereik (voor die laaste dag van die toegelate 6 maande tydperk) en waar uitstelle versoek word, moet volledige motivering verstrek word.

Fondse is ook ingelig dat strenger maatre�ls toegepas sal word by die verlening van uitstel. In paragraaf 2 van Omsendbrief PF 77 van Maart 1992 word fondse gewaarsku dat die boeteklousule soos vervat in artikel 37 van die Wet in werking gestel sal word by versuim van indiening en daar ook verder R10,00 boete per dag gehef sal word vir elke dag wat opgawes uitstaande is, soos voorgeskryf in Regulasie 26 van Staatskoerant R.98 van 26 Januarie 1962. Die houding met betrekking tot hierdie wetgewing is steeds van toepassing.

Fondse wat nagelaat het om die 1995 finansi�le state betyds in te dien en wat in gebreke gebly het om die nodige uitstel te bekom, is reeds beboet en sal gelys word in die jaarverslag van die Registrateur wat saamgestel word ingevolge artikel 34 van die Wet vir voorlegging aan die Parlement.

Insgelyks sal fondse waarvan die 1996 state nie ontvang is teen 30 Junie 1997 nie en wat nie uitstel bekom het voor hierdie datum nie, ook beboet word en sal hierdie fondse ook in die aangewese jaarverslag gelys word.

In die toekoms sal fondse maandeliks gemonitor word en opvolgaksies geneem word waar verslae en state teen spertyd steeds uitstaande is sonder dat die nodige uitstel bekom is. Die boeteklousule sal sonder verdere aanmanings in werking tree en >n lys van uitstaande fondse sal gepubliseer word.

In ooreenstemming met artikel 33 van die Wet, sal uitstel voortaan net verleen word indien die aansoek die Registrateur bereik voor die toegelate tydperk verstreke is en moet onderteken word deur die voorsitter van die Raad, een verteenwoordiger van die werknemers op die Raad (indien nog nie inwerking, deur >n ander lid van die Raad) en die hoofbeampte.

Die aansoek moet die volgende inligting bevat:

(a) grondige redes waarom sodanige uitstel verlang word;

(b) of enige bydraes ingevolge artikel 13A agterstallig is;

(c) of die voorwaardes vir die getrouheidswaarborg nagekom is;

(d) of die ouditeur/aktuaris van die fonds kennis dra van hierdie versoek om uitstel; en

(e) die tydperk waarvoor uitstel benodig word. Uitstel tot een maande (30 dae) sal oorweeg word.

Konsepstate sal nie aanvaar word in die plek van die statut�re opgawes nie.

Hierdie Omsendbrief vervang die volgende Omsendbriewe in geheel of tot die mate aangedui:

PF 28 van 30 Junie 1976, paragraaf 4; en

PF 77 van Maart 1992.

Oorhandig asseblief >n afskrif van hierdie omsendbrief aan u ouditeur en die Raad van Bestuur (waar van toepassing).

Die uwe

REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE
(GETEKEN DEUR A SWANEPOEL)

 


OMSENDBRIEF PF NO. 92

(Aan alle self-geadministreerde fondse of hul administrateurs (waar toepaslik) en die administrerende versekeraars van fondse vrygestel ingevolge artikel 2(3)(a) van die Wet)

WET OP PENSIOENFONDSE, 1956: ADMINISTRASIE VAN BEHUISINGSLENINGS

1 Doel van Omsendbrief

Artikel 19(5) van die Wet veroorloof die verlening of waarborg van behuisingslenings. Die oogmerk van hierdie artikel is om die trustees in staat te stel om lede by te staan om hul egte behuisingsbehoeftes te finansier. Dit is nie bedoel om aangewend te word as 'n metode om voortydig toegang te verkry tot die lid se aftreevoordele nie. Die doel van hierdie Omsendbrief is dan om trustees op hul hoede te stel betreffende hul verantwoordelikheid om misbruike te voorkom, om die houding van die Registrateur tot hierdie misbruike te verduidelik en om situasies waarin misbruike kan voorkom na vore te bring en daarin voorligting te verskaf.

Agtergrond

2. Ingevolge artikel 1 van die Wet, is die oogmerk van pensioenfondse om jaargelde of enkelbedragvoordele by aftrede aan lede te verskaf of aan die afhanklikes van lede by die afsterwe van lede. Met die veroorlowing van behuisingslenings is nie bedoel om 'n metode daar te stel om hierdie voordele te verminder deur toe te laat dat skuldvergelyking plaasvind nie. Gevolglik moet daar 'n egte bedoeling wees om 'n lening terug te betaal ten einde die voordele te herstel tot volle waarde teen die tyd waarop dit betaalbaar word by aftrede van die lede. Verder is dit nie beoog dat lenings toegestaan moet word vir ander doeleindes as behuising soos voorsien in die Wet nie.

3 Sommige misbruike wat onder die aandag van die Registrateur gekom het, is:

a) die aflossing deur fondse van lenings toegestaan aan lede deur ander persone as die fonds en wat nie verseker word deur verbande op onroerende eiendom nie (artikel 19(5)(a)(i));

b) die toestaan van behuisingslenings deur fondse aan lede sonder vooraf vrystelling ingevolge artikel 19(6)(a) van die Wet, waar die betrokke eiendomme nie aan die lede of hul eggenotes of eggenote behoort nie en nie bewoon word deur lede of die afhanklikes van die lede nie. (Vergelyk ook artikel 19(5)(d));

c) die toestaan van behuisingslenings deur fondse aan lede vir die verkryging van vakansiehuise of akkommodasie vir kinders op Universiteit, en nie met die doel om 'n "woning" soos beoog in die Wet te verkry nie;

d) die toestaan van behuisingslenings deur fondse aan lede vir ander doeleindes as behuising soos beoog in artikel 19(5)(a) van die Wet;

e) die toestaan van behuisingslenings deur fondse aan lede teen bedrae wat die koste van aanbouiings, veranderings, instandhouding en herstelwerk oorskry (artikel 19(5)(a)(ii)). "Toegangsverband-"skemas is ook onre�lmatig indien aangewend vir ander doeleindes as die kostes beoog deur die Wet; en

f) die toestaan van behuisingslenings deur fondse aan lede waar die kapitaal nie binne 30 jaar aflosbaar is of nie betaalbaar is in gelyke paaiemente met insluiting van rente nie, sonder om vrystellings te verkry ingevolge artikel 19(6)(a) van die Wet.

4. Van besondere belang vir hierdie Kantoor is berigte dat voorskotte aan lede deur fondse gedoen word onder die dekmantel van behuisingslenings, maar wat in werklikheid aangewend word vir die aflossing van ander skulde van lede om geldelike nood te verlig. Dit is klaarblyklik in stryd met die bepalings van die Wet.

5. Reaksies op oortredings van die Wet

Die Registrateur sal nie huiwer om gevalle waar hy bewus word van 'n oortreding van die Wet te ondersoek en aan die Prokureur-generaal te rapporteer nie. Hy sal ook, waar toepaslik, bevoegdhede aanwend wat verleen word ingevolge die Wysigingswet op Finansi�le Instellings, 1997, om siviele aksies in te stel om voldoening te verseker. Verder, indien 'n bepaalde praktyk of wyse van besigheid dryf in verband met behuisingslenings bevind word onre�lmatig of onwenslik te wees, sal die registrateur optree ingevolge artikel 32A van die Wet en met die toestemming van die Minister, om so 'n onre�lmatige praktyk of wyse te be�indig.

6. Probleme wat trustees mag ervaar

Indien die statute dit toelaat, word 'n fonds toegelaat om die bedrag van die lening af te trek van die voordeel van die lid aangesien artikel 37A(3)(c) van die Wet bepaal dat die bepalings van subartikel (1), ingevolge waarvan 'n voordeel nie verminderbaar, oordraagbaar of vereffenbaar is nie, nie van toepassing is nie op vermindering of vereffening van 'n skuld "wat 'n fonds kragtens artikel 37D (van die Wet) kan verminder of vereffen".

In die lig van hierdie magtigende bepaling, mag trustees praktiese probleme ervaar om te voldoen aan die bedoeling vermeld in paragraaf 2. Die leidende beginsel behoort te wees dat die terugbetaling van lenings of die vereffening van waarborge uit aftreevoordele van lede slegs behoort plaas te vind indien, tot die tevredenheid van trustees, geen ander oplossing moontlik is nie.

Gevolglik:

a) In die geval van die versuim met 'n leningsterugbetaling van 'n lening toegestaan deur die fonds terwyl die lid 'n lid van die fonds bly.

Waar 'n verband oor die eiendom as sekuriteit dien vir die lening ten opsigte waarvan die lid in versuim is, is dit 'n opsie om die verband op die eiendom op te roep. Hierdie wyse van optrede kan nadelig vir die fonds wees omdat dit die verantwoordelikheid veronderstel vir die beskikking oor 'n eiendom of die hou van 'n bate wat nie presteer nie. Die alternatief is om beslag te l� op die onttrekkingsvoordeel van die versuimende lid. Ingevolge artikel 37D(a) van die Wet kan die fonds "enige bedrag verskuldig aan die fonds ten opsigte van ....'n lening aan 'n lid kragtens artikel 19(5)(a) toegestaan ... van die voordeel waarop die lid...ingevolge die statute van die fonds geregtig is, aftrek.....". Dit sal klaarblyklik "die bedrag van die voordeel wat die lid sou ontvang indien hy sy lidmaatskap van die fonds vrywillig sou be�indig..." wees, soos voorgeskryf in artikel 19(5)(c)(ii) van die Wet. Laasgenoemde alternatief behoort slegs aangewend te word waar aangetoon kan word dat dit in die wyer belang van die lede sou wees om dit te doen.

b) In die geval van die versuim met 'n leningsterugbetaling van 'n lening gewaarborg deur die fonds terwyl die lid 'n lid van die fonds bly.

Waar van die fonds vereis word om sy verpligtinge kragtens 'n waarborg verstrek aan 'n finansi�le instelling wat 'n lening aan 'n lid verstrek het, te vereffen, mag die trustees besluit om die bedrag wat uitbetaal is, te hanteer as 'n lening aan die lid. In hierdie situasie moet hulle verseker dat die lening voldoen aan die bepalings van artikels 19(5)(b)(iii) en (iv) van die Wet betreffende die voorgeskrewe rentekoers of die terugbetalingsvoorwaardes van die lening. Artikel 19(5)(c)(ii) van die Wet maak voorsiening dat "die bedrag van die voordeel wat die lid sou ontvang indien hy sy lidmaatskap van die fonds vrywillig sou be�indig..." sal dien as sekuriteit vir so 'n lening. Die alternatief, wat slegs aangewend behoort te word indien 'n lening nie op bevredigende voorwaardes verstrek kan word nie, is om die bedrag van die lening ingevolge artikel 37D(a) van die Wet af te trek van "die voordeel waarop die lid ...ingevolge die statute van die fonds geregtig is.".

c) In die geval van uitstaande lenings, waar lede van een fonds na 'n ander fonds oorgeplaas word.

Die plig rus op die trustees om die terugbetaling of oordrag van behuisingslenings te onderhandel as deel van 'n oordragskema ingevolge artikel 14 van die Wet. Mits die statute van die fonds waarna oorgedra word behuisingslenings veroorloof en daardie fonds bereid is om die bepalings van die lening gere�l deur die fonds wat oordra, te aanvaar, behoort geen probleem te ontstaan nie. Waar die fonds waarna oorgedra word nie behuisingslenings toelaat nie, moet hulle �f verander word om 'n oordrag te kan laat geskied sonder terugbetaling, �f moet alternatiewe geldelike re�lings getref word om die lenings vir die lede te vervang. Slegs indien die trustees nie in staat is om enige van hierdie re�lings te tref nie, behoort die lede toegelaat te word om die lening terug te betaal deur dit in skuldvergelyking te bring teen die oordragwaarde voordat die oordrag plaasvind.

Aangesien daar tans twyfel bestaan of 'n vrywillige oordrag deur 'n individuele lid 'n skema is wat 'n oordrag ingevolge artikel 14 vereis, is dit noodsaaklik om die omstandighede waaronder die oordragsversoek ontstaan, te oorweeg. Indien die trustees van oordeel is dat die versoek ontstaan uit 'n opsetlike bedoeling om terugbetaling van die lening te bewerkstellig deur 'n oordrag te versoek na 'n fonds met statute wat nie behuisingslenings veroorloof nie, behoort hulle te trag om te verseker dat die lid ander re�lings tref om die fondse van 'n ander bron te leen om te verhinder dat 'n situasie ontstaan waar die lening terugbetaal moet word. Terugbetaling van die lening deur 'n vermindering van die lid se oordragwaarde behoort slegs deur die trustees toegelaat te word indien hulle tevrede is dat geen alternatiewe re�lings deur die lid getref kan word nie.

Insgelyks, indien die fonds die lening verskaf deur 'n finansi�le instelling gewaarborg het en daardie instelling nie toestem tot 'n sessie van die waarborg by oordrag van die lid nie, behoort die trustees slegs terugbetaling van die lening toe te laat deur die verskuldigde bedrag af te trek van die lid se oordragwaarde voor die oordrag indien hulle tevrede is dat geen ander re�lings deur die lid getref kan word nie.

7. Toereikendheid van rentekoerse

Aangesien die prim�re doel van 'n pensioenfonds is om voordele vir sy lede te voorsien op n sekere toekomstige datum, is die opbrengs op sy beleggings belangrik. Ingevolge artikel 7C(1) van die Wet, word van trustees vereis om in die beste belang van die fonds en al die lede daarvan op te tree wanneer die bedryf van die fonds bestuur, beheer en oor toesig gehou word ooreenkomstig die toepaslike wette en die statute van die fonds. Gevolglik behoort die rentekoers op 'n lening sorgvuldig oorweeg word. Artikel 19(5) van die Wet vereis, onder andere, dat 'n fonds "indien sy statute dit toelaat, by wyse van belegging van sy fondse 'n lening aan 'n lid (kan) toestaan" en artikel 19(5)(b)(iii) bepaal dat sodanige rentekoers nie laer mag wees as di� by regulasie voorgeskryf nie. Die koers voorgeskryf in regulasie 27 (tans 15%) is die koers wat Suid-Afrikaanse Inkomstedienste toepas vir die belasting op byvoordele en mag nie noodsaaklikerwys 'n markverwante koers wees vir die fonds wat aan die vereistes van artikel 19(5)(a) van die Wet voldoen nie. Indien die rentekoers wat gehef word te toegewend is, sal dit resulteer in �f subsidi�ring van die lid (in 'n vaste voordeelskema) �f in ontoereikende aftreevoordele (in 'n vaste bydraeskema).

8. Vrystellings van sekere bepalings van die Wet

Ingevolge artikel 19(6)(a) van die Wet, kan die registrateur "onder buitengewone omstandighede, en op die voorwaardes en vir die tydperke wat hy mag bepaal, enige fonds tydelik vrystel van die voldoening aan enige bepaling van subartikel ...(5) of (5B)(a)". Dit is die beleid van die registrateur om vrystellings te verleen ten opsigte van die volgende:

a) eienaarskap van die eiendom en woningstruktuur (19(5)(a))

b) rentekoers laer dan voorgeskryf (19(5)(b)(iii))

c) ongelyke terugbetalings wat nie rente in al die paaiemente insluit nie (19(5)(b)(iv)) indien die lening uitsluitlik gebruik word vir behuisingsdoeleindes en buitengewone omstandighede tot tevredenheid van die Regsitrateur bestaan.

Daar moet op gelet word dat 'n voorwaarde vir vrystelling sou wees dat, waar toepaslik, lenings moet voldoen aan die bepalings van Regulasies No 3162 en 3163 in Staatskoerant No 14410 gedateer 20 November 1992 uitgevaardig kragtens artikel 15A van die Woekerwet, 1968 (Wet No 73 van 1968).

9. Bepalings van die Inkomstebelastingwet

Indien, onder onvermydelike omstandighede, terugbetaling van 'n lid se lening wel uit pensioenvoordele geskied, ontstaan 'n belasbare voordeel in die hande van die lid en dit is die plig van trustees om te verseker dat die Inkomstebelastingwet nagekom word.

Trustees behoort derhalwe die Kommissaris van Binnelandse Inkomste te nader voordat 'n transaksie gemagtig word om behuisinslenings af te los uit die voordeel verskuldig aan 'n lid onder die omstandighede uitgewys in hierdie Omsendbrief om te verseker dat die belastingimplikasies van die transaksies nie omseil word nie.

10. Plig van die Ouditeur

Die ouditeure van fondse moet ook kennis neem van die werklike of moontlike oortredings van die Wet hierbo beskryf aangesien hulle vereis word om 'n jaarlikse verslag ingevolge paragraaf 5 van Bylae 1 van die regulasies aan die registrateur te verskaf dat hulle "lenings verskaf aan lede deur die fonds ondersoek het en verslag doen dat hierdie lenings verstrek is ooreenkomstig die bepalings van artikel 19(5)(a) van die wet en dat die rente op die lenings gehef is ooreenkomstig regulasie 27".

11. Konklusie

Die besluit om behuisingslenings te verstrek of om waarborge daarvan te verskaf of nie en die bepalings waaronder hulle verleen word, val binne die diskresie van die trustees. Waar trustees van hierdie diskresie gebruik maak, is dit hul plig om te verseker dat misbruik en/of nadeel vir die fonds of enige van sy lede nie plaasvind nie. Indien onre�lmatighede toegelaat is om plaas te vind, behoort regstellings daarvan te geskied.

Die betrokke artikels van die Wet het 'n nuttige doel gedien en word in die oorgrote meerderheid van gevalle toegepas binne die gees en die letter van die wet. Dit sou gevolglik jammer wees indien die betrokke wetgewing meer beperkend of herroep moet word as gevolg van misbruik en onre�lmatighede deur 'n minderheid. Verdere optredes sal egter nodig wees indien misbruike voortduur.

Geliewe 'n kopie van hierdie Omsendbrief aan die fonds of versekeraar se ouditeur te oorhandig.

Die Uwe

 

REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE


 

PF 93 is gestuur na alle self-geadministreerde fondse of hul administrateurs (waar toepaslik) en bewaringsbanke.

OMSENDBRIEF PF NO 93

WET OP PENSIOENFONDSE, 1956: ARTIKEL 5(3) EN 5(4) VAN DIE WET: GOEDKEURING VAN BENOEMDE MAATSKAPPYE EN TOESTEMMING VIR BATES OM GEHOU TE WORD IN DIE NAAM VAN SODANIGE BENOEMDE MAATSKAPPYE NAMENS PENSIOENFONDS (POLISLE�R 12/5/1/7/1)

1. Doel van die Omsendbrief

Die bates van 'n pensioenfonds moet �f gehou word in die naam van daardie fonds, �f, indien sy statute dit veroorloof, in die naam van 'n goedgekeurde benoemde maatskappy en die doel van hierdie Omsendbrief is om pensioenfondse te voorsien van die registrateur se voorwaardes vir die goedkeuring van 'n benoemde maatskappy soos beoog soos beoog in artikel 5(3) van die Wet en voorwaardes vir die toestemming dat bates gehou moet word in die naam van sodanige benoemde maatskappy ingevolge artikel 5(4) van die Wet.

2. Kategorie� benoemdes

Artikel 5(4) van die Wet bepaal dat die registrateur toestemming kan gee dat geld en bates in die naam van 'n benoemde maatskappy gehou kan word namens 'n pensioenfonds. Artikel 5(3)(a) tot en met (c) van die Wet maak voorsiening vir die voorwaardes in die Wet wat op 'n benoemde maatskappy betrekking het. In paragraaf (d) van hierdie subartikel, word dit vereis dat die registrateur sodanige benoemde maatskappy goedkeur onderworpe aan die voorwaardes wat die registrateur opl�. Vir die doel om die voorwaardes vir die goedkeuring van benoemde maatskappye en die voorwaardes vir die toestemming dat bates gehou word in die naam van sodanige benoemde maatskappye namens fondse ingevolge hierdie artikels van die Wet uiteen te sit, word benoemde maatskappye verdeel in twee kategorie�, naamlik:

(a) Suid-Afrikaanse benoemde maatskappye; en

(b) Buitelandse benoemde maatskappye.

3. Suid-Afrikaanse goedgekeurde benoemde maatskappye

(a) Die reeds goedgekeurde benoemde maatskappye word gelys in Aanhangsel A.

(b) Goedkeuring van 'n benoemde maatskappy word slegs gegee op aansoek, ooreenkomstig die volgende beginsels:

(i) Geen benoemde mag 'n natuurlike persoon wees nie;

(ii) 'n Benoemde moet 'n geregistreerde maatskappy wees wat nie 'n natuurlike persoon as aandeelhouer mag h� nie en wat ten volle besit word deur 'n houermaatskappy, en wat goedgekeur moet word deur die registrateur;

(iii) Die houermaatskappy moet verkieslik 'n bank wees wat finaal geregistreer is as sodanig kragtens die Bankwet, 1990 (Wet No 94 van 1990). Ander houermaatskappye word slegs in buitengewone omstandighede toegelaat in die diskresie van die registrateur;

(iv) Die Akte van Oprigting en Statute van die benoemde maatskappy moet die volgende bepalings bevat:

(aa) Die uitsluitlike doelstelling om die besigheid van 'n benoemde maatskappy te dryf deur titel op bates te verkry namens kli�nte, om sodanige bates in trust namens hulle te hou, en om andersins slegs oor sodanige bates te beskik soos gelas deur sy kli�nte;

(bb) 'n Bepaling wat die benoemde maatskappy belet om enige ander verpligting aan te gaan, met inbegrip van voorwaardelike verpligtinge soos borgskap of indemnifisering, as die verpligtinge wat dit oploop teenoor sy kli�nte ten opsigte van bates namens hulle gehou en sy gewone verpligtinge teenoor houermaatskappy;

(cc) 'n Bepaling wat die benoemde maatskappy belet om enige belang te verkry, vir die eie rekening daarvan, in enige ander maatskappye of om 'n filiaalmaatskappy te besit;

(dd) 'n Beperking op die oordrag van die aandele daarvan aan 'n natuurlike persoon;

(ee) 'n Beperking op die oordrag van die aandele daarvan sonder vooraf skriftelike toestemming van die registrateur;

(ff) 'n Beperking op die uitreiking van enige onuitgereikte aandelekapitaal, regte-uitgifte, uitgifte van voorkeuraandele of skuldbriewe sonder vooraf skriftelike toestemming van die registrateur.

(v) 'n Formele skriftelike ooreenkoms tussen die houermaatskappy en die benoemde maatskappy, wesenlik ooreenkomstig Aanhangsel B, verkrygbaar op aansoek by die registrateur (Redes moet verstrek word vir enige afwyking.).

(vi) Toereikende versekering teen verlies deur brand, diefstal en soortgelyk van die trustbates deur dit gehou asook getrouheidswaarborgdekking.

(vii) 'n Skriftelike ooreenkoms moet aangegaan word tussen die houermaatskappy en enige kli�nt wesenlik ooreenkomstig Aanhangsel C, verkrygbaar op aansoek by die registrateur. Die Memorandum van Ooreenkoms tussen benoemde maatskappy en kli�nt wat voorsiening moet maak vir gereelde verslae (nie minder herhaaldelik as maandeliks nie) deur die benoemde maatskappy aan die kli�nt wat bewegings vir die maand, bates gehou op die sluitingsdatum van die verslag en die markwaarde daarvan moet reflekteer. Die bepalings van hierdie ooreenkoms is onderworpe aan goedkeuring deur die registrateur.

(c) Aansoeke ten opsigte van plaaslike benoemde maatskappye

(i) 'n Aansoek deur 'n benoemde maatskappy om toestemming om bates van 'n pensioenfonds te hou moet skriftelik gedoen word en moet die volgende bevat:

(aa) 'n Kopie van die Akte van Oprigting en Statute van die benoemde maatskappy;

(bb) 'n Kopie van die jongste geouditeerde finansi�le state van die houermaatskappy;

(cc) 'n Kopie van die jongste geouditeerde finansi�le state van die benoemde maatskappy, indien dit as sodanig reeds besigheid dryf;

(dd) 'n Ondertekende kopie van die ooreenkoms tussen die houermaatskappy en die benoemde maatskappy, in die voorgeskrewe formaat.

Nota: Indien hierdie dokumente reeds aan die Registrateur van Versekering voorgel� is onder verwysingsnommer 10/7/1/3/1, moet die aansoek slegs hierdie feit vermeld en hoef die dokumente nie tesame met die aansoek voorgel� te word nie.

(ii) 'n Aansoek deur die pensioenfonds vir toestemming om 'n benoemde maatskappy te gebruik om bates te hou, moet skriftelik gedoen word en moet die volgende bevat:

(aa) bevestiging dat die ooreenkoms in beginsel dieselfde is as die ooreenkoms vermeld in paragraaf 3(b)(vii) tussen die pensioenfonds en die benoemde maatskappy en dat die benoemde maatskappy in bedryf gestel sal word;

(bb) 'n uiteensetting van die redes waarom die pensioenfonds die dienste van 'n benoemde maatskappy benodig;

(cc) verwysing na die besondere statute van die pensioenfonds wat sodanige optrede magtig.

(iii) By ontvangs van 'n aansoek mag die registrateur verdere inligting verlang om hom of haar in staat te stel om tot 'n beslissing te raak.

(Iv) Die registrateur kan toestemming gee onderworpe aan die voorwaardes wat hy of sy bepaal.

(d) Intrekking en wysigings

Die registrateur kan die beleidsriglyne van tyt tot tyd verander of wysig sonder vooraf kennisgewing.

(i) Die registrateur kan te eniger tyd sy toestemming, bedoel in 3(c)(iv) en sy goedkeuring bedoel in 3(b)(ii) intrek, enige voorwaardes onderworpe waaraan toestemming of goedkeuring verleen is, wysig, of 'n nuwe voorwaarde opl�.

(ii) Die registrateur kan van tyd tot tyd vereis dat die pensioenfonds hom voorsien van die inligting met betrekking tot enige aangeleentheid aangedui deur die Registrateur.

4. Buitelandse goedgekeurde benoemde maatskappye

Pensioenfondse word toegelaat om in buitelandse bates te bel� soos aangedui in die Aanhangsel tot Regulasie 28, en om sodanige buitelandse bates, namens 'n pensioenfonds, in die naam van 'n goedgekeurde buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer te registreer. By die oorweging van goedkeuring van sodanige benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer, moet die registrateur deur die fondse ingelig word:

(a) Oor die naam en geregistreerde adres van die hoofkantoor van die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer; en die geregistreerde adres in die gebied waar die bates van die fonds gehou sal word (indien verskillend);

(b) Of die benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer een van die volgende is:

(i) 'n Bankinstelling of trustmaatskappy, ingelyf of georganiseeer kragtens die wette van 'n ander land as Suid-Afrika wat as sodanig gereguleer word deur daardie land se regering of n agentskap daarvan en wat oor aandeelhouersbelang beskik wat $200 000 000 (US $ of die ekwivalent van US $) oorskry soos by die afsluiting van die jongste voltooide boekjaar voor die datum waarop die Raad van die fonds die skriftelike ooreenkoms waarvoor voorsiening gemaak word in klousule (4)(e)(i) van hierdie dokument goedgekeur het, en daarna, soos by die afsluiting van sy jongste boekjaar voltooi voor die datum wanneer die Raad van die fonds die voortsetting van daardie re�ling hersien en goedgekeur het soos voorsien in klousule 4(e)(iii) van hierdie dokument; of

(ii) 'n Filiaal direk of indirek deur 'n meerderheidsbelang besit, van 'n geregistreerde bank of bankhouermaatskappy wat ingelyf of georganiseer is kragtens die wette van 'n ander land as Suid-Afrika en wat oor aandeelhouersbelang beskik wat $100 000 000 (US $ of die ekwivalent van US $) oorskry soos by die afsluiting van die jongste voltooide boekjaar voor die datum waarop die Raad van die fonds die voortsetting van daardie re�lings hersien het soos voorsien in klousule (4)(e)(i) van hierdie dokument; en daarna, soos by die afsluiting van sy jongste boekjaar voltooi voor die datum waarop die Raad van die fonds die voortsetting van daardie re�lings hersien en goedgekeur het soos voorsien in klousule 4(e)(iii) van hierdie dokument; of

(iii) 'n Effektebewaarnemer of klaringsagentskap, ingelyf of georganiseer kragtens die wette van 'n ander land as Suid-Afrika, wat die sentrale stelsel vir die hantering van effekte of ekwivalente boekinskrywings in daardie land bedryf; of

(iv) 'n Effektebewaarnemer of klaringsagentskap, ingelyf of georganiseer kragtens die wette van 'n ander land as Suid-Afrika, wat 'n transnasionale stelsel vir die sentrale hantering van effekte of ekwivalente boekinskrywings bedryf; of

(v) 'n Oorsese tak, of 'n geregistreerde Suid-Afrikaanse bank ingelyf buite die Republiek, welke entiteit oor 'n gesamentlike kapitaal, surplus en onverdeelde winste van 'n gespesifiseerde minimumbedrag moet beskik, wat nie minder is nie as $5 000 000 (US $ of die ekwivalent van US $).

(c) Dat ten opsigte van die keuse van 'n besondere buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer, die Raad van die fonds in die beste belang van die fonds oorweeg het:-

(i) Of die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer as hoofdoelstelling het om op te tree as verteenwoordiger van enige persoon;

(ii) Of die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer deur sy akte van oprigting (of soortgelyke dokument) belet word om enige verpligtinge aan te gaan behalwe di� teenoor persone namens wie hy bates besit;

(iii) Of die buitelandse benoemde maatskappy 'n onherroeplike ooreenkoms met 'n ander instelling aangegaan het ingevolge waarvan daardie ander instelling onderneem het om al die koste van en in verband met sy oprigting, bedrywighede, bestuur en likwidasie te betaal;

(iv) Die finansi�le sterkte van die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnenmer, die algemene reputasie en aansien daarvan in die land waarin dit gele� is, die vermo� daarvan om die vereiste bewaringsdienste doelmatig te lewer en die relatiewe koste van daardie dienste;

(v) Of die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer 'n vlak van beveiliging kan voorsien vir die hou van die fonds se bates wat nie wesentlik verskillend is nie van daardie voorsien deur Suid-Afrikaanse goedgekeurde benoemde maatskappye wat pensioenfondsbates in Suid-Afrika hou.

(vi) Of die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer oor takkantore in Suid-Afrika beskik om die uitoefening van jurisidiksie oor en die afdwinging van vonnisse teen sodanige benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer, te fasiliteer;

(vii) In die geval van 'n buitelandse effektebewaarnemer, die getal deelnemers in en die bedryfsgeskiedenis van die bewaarnemer.

(d) Dat ten opsigte van die keuse van die besondere gebied waar die fonds se bates gehou sal word in die beste belang van die fonds, binne die gebiede "erken deur die registrateur" waarin die "erkende beurse", bedoel in paragraaf 4(d) van die Regulasies bedryf word, en bekend gemaak by kennisgewing in die Staatskoerant van tyd tot tyd, die Raad van die fonds die volgende oorweeg het:

(i) Of toepaslike buitelandse reg die toegang van die fonds of die goedgekeurde ouditeure daarvan tot boeke en rekords gehou deur 'n benoembare buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer gele� in daardie land, sou beperk;

(ii) Of Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk en ouditstandaarde vergelykbaar met daardie in die Republiek, voorgeskryf is ten opsigte van sodanige benoembare benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer;

(iii) Of toepaslike buitelandse reg die fonds se vermo� om bates te herwin in die geval van die insolvensie van 'n benoembare buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer gele� in daardie gebied, sou beperk;

(iv) Of toepaslike buitelandse reg die fonds se vermo� om bates te herwin wat verlore is terwyl onder die beheer van 'n benoembare buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer gele� in daardie gebied, sou beperk;

(v) Die waarskynlikheid van onte�ening, nasionalisering, bevriesing of konfiskasie van die fonds se bates;

(vi) Of probleme om die fonds se kontant en ander bates om te wissel na Rande redelikerwys voorsienbaar is.

(e) Dat die Raad, in die beste belang van die fonds:

(i) 'n Skriftelike ooreenkoms goedkeur wat die wyse waarop sodanige benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer die fonds se bates sal hou, sal beheers, en wat, inter alia, daarvoor voorsiening maak dat:

(aa) Die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer toereikend ge�ndemnifiseer is deur getrouheidswaarborgdekking en dat die bates deur dit gehou toereikend verseker is in die geval van verlies deur brand, diefstal en soortgelyk;

(bb) Die bates gehou namens die fonds nie onderworpe sal wees aan enige reg, las, sekuriteitsrente, retensiereg of eis van enige aard ten gunste van die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer of die krediteure daarvan nie, behalwe 'n eis vir betaling vir die veilige bewaring of administrasie daarvan;

(cc) Voordelige eienaarskap van die bates gehou namens die fonds moet vryelik oordraagbaar wees sonder die betaling van ander geld of waarde as vir die veilige bewaring of administrasie daarvan nie;

(dd) Toereikende rekords in stand gehou sal word wat die bates van die fonds identifiseer as behorende aan die fonds.

(ee) Die goedgekeurde ouditeure van die fonds toegang verleen sal word tot alle betrokke rekords of bevestiging van die inhoud van alle betrokke rekords; en

(ff) Die fonds gereelde verslae sal ontvang met betrekking tot die beveiliging van die bates van die fonds, insluitend, maar nie beperk nie tot, kennisgewing van enige oordrag aan of uit die rekening van die fonds.

(ii) 'n Stelsel instel om die re�lings met die benoemde maatskappy, buitelandse bewaarnemer of sub-bewaarnemer te monitor om voldoening aan die voorgaande voorwaardes te verseker.

(iii) Die voortsetting van die re�ling in die beste belange van die fonds, minstens jaarliks hersien en goedkeur.

(iv) Waar hulle bevind het dat 'n buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer nie langer benoembaar geag kan word ingevolge hierdie vereistes nie of dat voortsetting van die re�ling nie in die beste belang van die fonds sal wees nie, moet die fonds sy bates onttrek uit die sorg van daardie benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer so spoedig as redelik moontlik, en in enige geval binne 180 dae vanaf die datum wanneer die Raad van die fonds aldus bevind het.

(f) die Raad van die fonds die versekering verkry het van die goedgekeurde ouditeure van die fonds dat die re�ling met die buitelandse benoemde maatskappy nie enige van hul pligte sal belemmer nie.

Die bepalings dat die Raad van 'n geregistreerde fonds verantwoordelik is vir nadering van die registrateur vir goedkeuring van 'n re�ling met 'n buitelandse benoemde maatskappy, word slegs gedoen na oorweging van alle aangeleenthede wat die raad, by die uitoefening van hul fidusi�re pligte relevant bevind, insluitend die bogenoemde bepalings maar nie noodwendig beperk daartoe nie.

(g) Aansoeke ten opsigte van buitelandse benoemdes

'n Aansoek deur die raad van 'n fonds vir die goedkeuring van 'n benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer om die bates daarvan te hou, moet skriftelik gedoen word en die volgende insluit:

(i) Die name en geregistreerde adres van die hoofkantoor en die geregistreerde adres van sodanige benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer in die gebied waar die fonds se bates gehou sal word (indien verskillend);

(ii) Die aard van die benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer soos aangedui in paragraaf 4(b);

(iii) 'n Verslag dat die Raad al die aangeleenthede vermeld in paragrawe 4(c) en (d) oorweeg het by die beslissing, in die beste belang van die fonds, oor die besondere benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer in die besondere gebied;

(Iv) Bevestiging dat die skriftelike ooreenkoms wat die wyse waarop sodanige benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer die fonds se bates sal hou soos beoog in paragraaf 4(e);

(v) Dat versekering verkry is van die goedgekeurde ouditeure van die fonds dat die re�ling met die buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer nie enige van hul pligte sal belemmer nie;

(vi) Verwysing na die besondere statute van die fonds wat die hou van bates in 'n buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer magtig;

(vii) 'n Uiteensetting van die redes waarom die fonds die dienste van 'n buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer benodig.

(h) Kennisgewings, Inligting vereis, Intrekking en Wysiging

Neem asseblief kennis dat hierdie Kantoor:

(i) vereis dat fondse voor die aangaan van re�lings waarby die bates daarvan geregistreer sal word in die naam van sodanige buitelandse benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer, moet voldoen aan die voorwaardes uiteengesit in hierdie Omsendbrief. Nogtans, waar fondse reeds sodanige re�lings aangegaan het, moet hulle sonder versuim by hierdie Kantoor aansoek doen om die goedkeuring van die benoemde maatskappy, bewaarnemer of sub-bewaarnemer wat gebruik word op die grondslag van voldoening aan die voorwaardes in hierdie Omsendbrief. Waar dit nie moontlik is nie, moet fondse hierdie Kantoor inlig oor die mate waarin hulle dalk nie in staat mag wees om te voldoen nie.

(ii) te eniger tyd hierdie goedkeuring kan intrek of enige voorwaardes onderworpe waaraan goedkeuring verleen is, mag wysig, of nuwe voorwaardes mag opl�; of

(iii) van tyd tot tyd mag vereis dat fondse hierdie Kantoor van inligting voorsien betreffende enige aangeleentheid in verband met die hou van bates names hulle; en

(iv) die eerste lys na verwys in paragraaf 4(c) hierbo gepubliseer het in Staatskoerant No. 17545 van 8 November 1996 onder Algemene Kennisgewing 1575 van 1996.

Geliewe asseblief 'n kopie hiervan aan die fonds se ouditeur te oorhandig.

Die Uwe.

 

REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE

Aantekeninge:

(1) Omsendbrief PF No 92 oor die onderwerp van administrasie van behuisingslenings is uitgereik aan alle self-geadministreerde fondse of hul administrateurs (waar toepaslik) en die administrerende versekeraars van fondse vrygestel ingevolge artikel 2(3)(a) van die Wet.

(2) Hierdie Omsendbrief, tesame met Aanhangsels A tot en met C, kan ook gevind word in die Indeks van Omsendbriewe (12/12/1) op die Internetadres van die Raad op Finansi�le dienste: http://www.fsb.co.za.

Kontak: inligting/departemente:

Uittredingsfondse en Onderlinge Hulpverenigings

 


AANHANGSEL A

WET OP PENSIOENFONDSE, 1956: ARTIKELS 5(3) EN 5(4) VAN DIE WET

SUID-AFRIKAANSE GOEDGEKEURDE BENOEMDE MAATSKAPPYE

Syfrets Nominees

UAL Computer Investments Ltd

Greenmarket Square Nominees

BP Centre Nominees (Pty) Ltd

Mobil Pension Fund Nominees Coy (Pty) Ltd

Inyokeni Nominees (Pty) Ltd

Barclays National Nominees (Pty) Ltd

BP Thibault Nominees (Pty) Ltd

Anglo Pension Nominees (Pty) Ltd

Sixty Six Marshall Street Nominees (Pty) Ltd

Eighty One Main Street Nominees (Pty) Ltd

SMBL Nominees (Pty) Ltd

Metropolitan Board Nominees Ltd

Volkskas Genomineerde (Edms) Bpk

Standard Bank Nominees (Tvl) (Pty) Ltd

Yskor Nominees (slegs vir gebruik deur Yskorpensioenfondse)

Evkom Nominees (slegs vir gebruik deur Excom Pensioenfondse)

Usco Pensioenfonds Genomineerdes (Edms) Bpk

CMB Nominees (Pty) Ltd

Absa Nominee (Pty) Ltd

AAC Pension Fund Nominee (Pty) Ltd - Nie finansieel

First National Nominees (Pty) Ltd

Anglo Pension Nominees Number Two (Pty) Ltd

Nedbank Nominees Limited

Central Depository Nominees (Pty) Ltd.


 

OMSENDBRIEF PF NO. 94

(Aan alle self-geadministreerde fondse, pensioenfondsadministrateurs en uittredingsannu�teitsfondse)

INLIGTINGSTEGNOLOGIE - DIE "JAAR 2000-"UITDAGING

UITVOERENDE OPSOMMING

Hierdie Omsendbrief dien om die tegnologiese uitdaging met betrekking tot die jaar 2000 onder die aandag van finansi�le instellings te bring, sodat enige risikos dat rekenaargebaseerde oplossings in die jaar 2000 weier, doelmatig ge�dentifiseer, bestuur en opgelos kan word, met die oog op die vermyding van sistemiese risiko, wat 'n totale weiering van die finansi�le sisteem kan veroorsaak.

Bevestiging dat "die jaar 2000-"voldoeningsprojekte toegepas is, moet aan hierdie Kantoor verskaf word, soos uiteengesit in paragraaf 4 hieronder.

1. AGTERGROND

Die inligtingstegnologie-omgewing het tans te staan gekom voor een van sy grootste en mees belangrikste uitdagings ooit. Dit is algemeen bekend dat 'n groot getal rekenaargebaseerde oplossings na middernag op 31 Desember 1999 sal weier. Wesentlik is dit as gevolg van die feit dat talle rekenaarstelsels nie ontwerp is om meer as twee syfers te stoor of te gebruik om 'n jaar te identifiseer nie en nie in staat is om jare na 99 (dit wil s�, 1999) te hanteer nie. Gevolglik, tensy ontwerp vir hierdie gebeurlikheid, sal die meerderheid stelsels nie in staat wees om tussen die jare 1900 en 2000 te onderskei nie.

Finansi�le instellings is slegs sommige van die talle organisasies wat tans stappe moet doen om te verseker dat alle rekenaarstelsels vir die jaar 2000 voorberei word. Dit is in die beste belang van elke organisasie en rekenaargebruiker om te verseker dat stelsels "jaar 2000"-"voldoenbaar is so gou doenlik, ten einde 'n moontlike katastrofe te vermy.

Die probleem ontstaan uit twee historiese situasies. Ten eerste, tot in die laat tagtigerjare is aanwending- en bedryfstelsels tipies elke vyfde jaar herskryf. In daardie stadium is weinig besigheidstransaksies aangegaan met 'n effektiewe datum na die jaar 1999. Vasl� en stoor van die eerste twee syfers van 'n jaar het geen doel gedien nie, en die bedoeling was om volle identifikasie van die jaar in te lyf in stelsels herskryf gedurende die vroe� negentigerjare. Ongelukkig het mannekragkostes gestyg, menslike hulpbronne skaars geword en besighede het vinniger nuwe stelsels benodig. Pogings is gevolglik gekonsentreer op die ontwikkeling van nuwe stelsels, en ouer stelsels is nie meer herskryf nie, waardeur hul lewensverwagting uitgebrei is tot na 1999. Talle stelsels aanvaar tans nie 'n jaar van "00" nie, en daardie wat dit wel kan doen, kan in die algemeen nie tussen die jare 1900 en 2000 onderskei nie.

Ten tweede, is die probleem vererger deur die skynbare kortsigtigheid van die oorspronklike ontwerpers en toepassers van persoonlike rekenaartegnologie in die vroe� tagtigerjare. Aanvanklik was hierdie tipe tegnologie uiters duur en, ten einde kostes op bekostigbare vlakke te hou, was dit belangrik om die geheuegrootte en magnetiese stoorvereistes van masjiene te minimiseer. Daar is gevolglik besluit dat kapasiteit bewaar kan word deur nie die eerste twee syfers van 'n jaar te prosesseer en te stoor nie.

In daardie stadium is die totale getal persoonlike rekenaars wat w�reldwyd ontplooi moes word, geskat om in duisende te tel, en dit is beskou as 'n relatief eenvoudige taak om die eerste twee syfers van 'n jaar later in te bou. Ongelukkig tel persoonlike rekenaars tans meer as 60 miljoen, en oplossing van die probleem het enorme afmetings aangeneem. Tensy die probleem opgelos word, sal talle persoonlike rekenaars na middernag op 31 Desember 1999 na 'n onbekende jaar terugkeer. Die meerderheid stelsels sal na die verlede terugkeer, na 1900 of 1984, of oorspring na die toekoms, na 2084 - slegs 'n paar sal "weet" dat dit die jaar 2000 is. Na alle waarskynlikheid sal leggers en data verloor word.

Binne die volgende 24 maande moet al hierdie rekenaarstelsels versterk en opgegradeer word om die jaar 2000 te herken en korrek te interpreteer. Indien finansi�le instellings nie verseker dat hul stelsels "jaar 2000-"voldoenbaar is nie, kan die hele finansi�le stelsel 'n krisis ondervind, met katastrofiese implikasies.

"Jaar 2000-"voldoening sal die vervanging of verbetering vereis van talle rekenaarstelsels, met inbegrip van apparatuur, bedryfstelsels, aanwendingspakkette, produktiwiteitsinstrumente vir persoonlike rekenaars (soos ou weergawes van Lotus en WordPerfect), aangekoopte toepassings (soos DBIT en TSP) en toepassings ontwikkel deur die eie personeel van 'n instelling, asook die inspeksie en, waar nodig, die regstelling van elke program en makro in gebruik. Daarbenewens sal dataleggers wat waar ook al op persoonlike rekenaars gestoor word, leggerbedieners en hooframe uitgebrei en opgedateer moet word om die eerste twee syfers van 'n jaar in te sluit. Dit is 'n uitdagende en duur taak vir finansi�le instellings sowel as elke ander rekenaargebruiker, in die besonder kli�nte van finansi�le instellings.

Nie alleen sal nuwe rekenaarstels in gebruik geneem moet word nie, maar in talle gevalle sal die veranderinge so betekenisvol wees dat alle geskoolde persone in die gebruik van rekenaarstelsels heropgelei sal moet word. Stelsels en produktiwiteitsinstrumente wat tans in gebruik is, sal nie meer toeganklik of bruikbaar wees nie. Elke rekenaargebruiker sal by hierdie veranderinge moet aanpas, ongeag persoonlike voorkeure, die ongerief wat veroorsaak mag word of die geldelike implikasies daarvan. Daar word geskat dat die koste om te verseker dat alle rekenaarstelsels aanpasbaar by die jaar 2000 sal wees, slegs in die Verenigde State van Amerika US $700 biljoen sal oorskry.

Finansi�le instellings wat reeds besigheidstransaksies aangegaan het of wil aangaan met 'n effektiewe datum na 31 Desember 1999 (byvoorbeeld, vooruitverkope van produkte, langtermynbeleggings, langtermyn finansi�le beplanning) word gemaan om te verseker dat sodanige transaksies nie benadeel word deur bestaande programmatuur, aanwendings en data wat datumbeperkings mag inhou nie. Weiering van rekenaarstelsels om datums korrek te hanteer, kan sekerlik die bestaan van 'n instelling in gevaar stel.

2 OPTREDES VEREIS

Suksesvolle voltooiing van "jaar 2000-"voldoeningsprojekte is krities vir die oorlewing van die meeste organisasies, in die besonder finansi�le instellings. Dit is gevolglik van die grootste belang dat die stelsels van finansi�le instellings binne die nabye toekoms "jaar 2000-"voldoenbaar moet wees.

Kommer is oorsee uitgespreek dat sommige kli�nte van finansi�le instellings wat nie toereikende stappe doen om die probleem vooruit reg te stel nie, mag verkies om vrywillig te likwideer in die jaar 2000, as 'n gevolg van hul onvermo� om die gevolglike krisis te hanteer. Finansi�le instellings en hul kli�nte mag dan nie in staat wees om die vaardighede vereis om hul programme te verander, te verkry of te behou nie. Gegewe die aard van die probleem, word verwag dat die mannekraghulpbronne vereis om die nodige veranderinge aan te bring, skaars sal wees, en daar is geen waarborg dat finansi�le instellings en hul kli�nte oor die vermo� sal beskik om die nodige veranderinge te implementeer nie tensy toereikende beplanning en voorbereiding onderneem word. Sou kli�nte van finansi�le instellings op hierdie wyse geraak word, sal daar klaarblyklik implikasies vir finansi�le instellings wees met betrekking tot die kwaliteit van die blootstellings van die instellings aan sodanige kli�nte.

Dit is van wesenlike belang dat finansi�le instellings wat dit nog nie gedoen het nie, moet begin met beplanning om te verseker dat daar voldoende tyd is om die "jaar 2000-"probleem doelmatig op te los. Voltooiingsdatums van projekte behoort in hierdie verband so spoedig moontlik te wees, verkieslik voor die einde van 1998, ten einde n volle jaar te laat vir die verkryging en toetsing van gewysigde stelsels en om voldoende tyd te laat om probleme wat daaruit mag voortspruit, op te los.

Talle van die groter verskaffers van rekenaardienste en kontrakspersoneel beskik oor opgeleide personeel om maatskappye by te staan met hul "jaar 2000-"projekte. Rekeningkundige en bestuurskonsultante behoort ook in staat te wees om hulp te verleen. 'n "Jaar 2000-"inligtingsentrum-tuisbladsy is ingestel op die "World Wide Web", te http://www.year.2000.com., om oorlegpleging op 'n w�reldwye grondslag te bevorder en om 'n standaardbenadering tot oplossings op te stel, asook om kennis oor die onderwerp te deel.

3. ANDER GEBIEDE GERAAK

Die "jaar 2000-"probleem is hoegenaamd nie net beperk tot rekenaargebaseerde stelsels nie. In ons daaglikse bestaan, is daar baie gevalle waar geen voorsiening vir die jaar 2000 bestaan nie.

'n Groot getal ander kritiese en nie-kritiese gebiede sal ook regstellende optrede vereis. Vooraf-gedrukte vorms wat slegs twee syfers vir die jaar toelaat, tjekboeke waarop "19...." gedruk is, tydslotte vir brandkaste, boubestuur- en onderhoudstelsels en ge-outomatiseerde telefoonsentrales is slegs sommige voorbeelde van ander gebiede wat lank voor die jaar 2000 versterk sal moet word.

4. BEVESTIGING VAN "JAAR 2000-" PROJEKIMPLEMENTERING

Ten einde te verseker dat die nodige stappe gedoen word, word dit van die voorsittende persoon van die Bestuursraad of die hoof- uitvoerende beampte van elke finansi�le instelling vereis om hierdie Kantoor te voorsien van skriftelike bevestiging, teen 31 Desember 1997, dat die betrokke instelling 'n projek implementeer het om "jaar 2000-" voldoening te verseker. Verder word van die Bestuursraad of die raad van direkteure van elke finansi�le instelling vereis om te sertifiseer dat so 'n projek tot hul tevredenheid voltooi is en dat die stelsels van die betrokke instelling die "jaar 2000-" voldoeningsprobleem aanspreek en verseker dat die risikos onderneem deur die instelling ge�dentifiseer en bestuur kan word.

Die "jaar 2000-" voldoeningsprobleem word tans deur die media beklemtoon. Hierdie Kantoor beskou dit gevolglik as wesenlik dat finansi�le instellings pro-aktief maatre�ls in werking moet stel om enige potensieel negatiewe persepsies teen te gaan, ten einde die risiko van verlies van vertroue deur die publiek in die finansi�le sektor te vermy.

5. ONTVANGSERKENNING

Twee bykomstige kopie� van hierdie omsendbrief word ingesluit vir gebruik deur u instelling se onafhanklike ouditeure en waardeerders (waar toepaslik). Die aangehegte ontvangserkenning, behoorlik voltooi en onderteken deur sowel die voorsitter of hoof- uitvoerende beampte en hoofbeampte, of 'n ander direkteur indien 'n hoofbeampte nie toepaslik is nie, moet so gou doenlik na hierdie Kantoor teruggestuur word.

DIE REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE


                                                                OMSENDBRIEF PF NO 95


(Aan alle selfgeadministreerde fondse of hul administrateurs (waar van toepassing)

        WET OP PENSIOENFONDSE, 1956: ARTIKEL 5(4) VAN DIE WET - SENTRALE                                  EFFEKTEBEWAARNEMER (S E B)

1. Doel van die Omsendbrief

Ten einde aan die minimum internasionale standaarde op die gebied van klaring en vereffening van sekuriteite te voldoen en om internasionaal mededingend te bly, het dit gebiedend geword dat alle deelnemers in die Suid-Afrikaanse finansi�le markte, insluitend pensioenfondse, die fasiliteite gebied deur sentrale effektebewaarnemers vir bewaringsdoeleindes benut. Die doel van hierdie omsendbrief is om pensioenfondse in te lig van die bestaan en werking van die sentrale effektebewaarnemerstelsel, om vrese wat bestuursrade van fondse mag koester met betrekking tot hul verantwoordelikhede, sou hulle besluit om gebruik te maak van 'n Sentrale Effektebewaarnemer, uit die weg te ruim, en om fondse aan te moedig om die SEB te benut vir bewaringsdoeleindes indien dit nog nie gedoen word nie.

2. Goedgekeurde Sentrale Effektebewaarnemer ten opsigte van "effekte"

Omsendbrief PF No 93 het in besonderhede gehandel oor die nomineringsvereistes van die genoemde Wet op Pensioenfondse betreffende bates van fondse wat deur genomineerde maatskappye gehou moet word, en dit het in Aanhangsel A die Suid-Afrikaanse goedgekeurde genomineerde maatskappye gelys, met inbegrip van die Sentrale Bewaarplek Genomineerdes (Edms) Bpk. Om die instelling van 'n SEB in die Republiek moontlik te maak, het die Wet op die Veilige Bewaring van Effekte, 1992, die regulatoriese raamwerk geskep vir die registrasie en toesighouding van so 'n entititeit deur die Raad op Finansiele Dienste. 'n SEB vir vaste rentedraende instrumente "effekte", naamlik die Sentrale Bewaarplek Beperk ("SB Bpk"), het gedurende 1992 in werking gekom en, tot op datum, dien die genomineerde maatskappy van die SB Bpk as bewaarnemer vir sowat 95% van alle genoteerde Suid-Afrikaanse effekte wat aangewys is vir elektroniese vereffening deur die Effektebeurs van Suid-Afrika (EBSA).

Die benutting van hierdie bewaarnemende fasiliteit het die bykomstige voordeel dat dit korter vereffeningstydperke fasiliteer, besmette of bedrieglike sertifikate uitskakel, en van hulp is vir die eienaar van sodanige effekte omdat, wanneer die effekte gedeponeer is deur middel van een van die vier deelnemers aan die SB Bpk, die daaropvolgende verhandeling van hierdie instrumente nie net vinniger is nie maar ook goedkoper maak. Deponering van effekte op hierdie wyse is 'n vereiste vir elektroniese vereffening en dit het besonder belangrik geword na die instelling van 'n verkorte "rollende" vereffeningstelsel deur EBSA gedurende November 1997. Die nommer wat in bovermelde verband geskakel kan word, is (011) 482 2605 of faksimile� (011) 482 6699.

3. Werking van die voorgestelde Sentrale Effektebewaarnemer ten opsigte van aandele

Die beoogde SEB sal dienste lewer aan SEB-deelnemers, entiteite wat gereguleer word deur �f die RFD �f die Registrateur van Banke en wie agente is wat effekte direk kan deponeer by en onttrek van die SEB. Die SEB-deelnemers sal op hul beurt dienste lewer aan pensioenfondse. Dienste wat die SEB verskaf aan SEB-deelnemers sluit in elektroniese vereffening deur oordrag van aandele deur middel van boekinskrywing, bewaarnemingsbalanse van gedematerialiseerde aandele, die opening en hou van rekeninge van deelnemers, aanvaarding van sekuriteite vir dematerialisering, onttrekkings, elektroniese tussen-deelnemer oordragte, elektroniese verpanding by die SARB, direkte toegang vir deelnemers om navrae oor hul rekeninge te doen en voorsiening vir gemagtigde eienaarskapsinligting vir partye daartoe geregtig. Hoewel die SEB nie weet wie effekte besit nie, sal die SEB-deelnemers, ingevolge die Wet op die Veilige Bewaring van Effekte, 1992, hul kli�nte van state oor aandelebesit voorsien. Die SEB sal gereguleer word deur die RFD ingevolge die Wet op die Veilige Bewaring van Effekte, 1992. Verder sal die SEB onderworpe wees aan gereelde onafhanklike eksterne oudits om die integriteit van die stelsels en prosesse daarvan te verseker. Die SEB sal, as sodanig, aan strenge regulasies moet voldoen en sal binne die perke van die betrokke SEB-re�ls oor aandele moet opereer.

Dit word voorsien dat 'n SEB vir aandele gedurende die tweede helfte van 1998 in werking sal kom. Dit is nodig vir die strewe na volledig elektroniese aandeletransaksies ("STRATE"), die naam van die voorgestelde SEB. Die Maatskappywet, 1973, erken slegs die posisies van geregistreerde aandeelhouers, en nie voordelige aandeelhouers wat hul regte deur middel van die SEB uitoefen nie. Wysigings aan genoemde Maatskappywet word voorgestel om die situasie aan te spreek.

 

Met agting

REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE

 


                                                            OMSENDBRIEF PF NO 96

(Aan alle pensioenfondse, uittredingsanu�teitsfondse en voorsorgsfondse en administrateurs wat geregistreer is ingevolge die Wet op Pensioenfondse, 1956 (die Wet). In hierdie omsendbrief word gerieflikheidshalwe na hulle verwys as "fondse")

                                                                   BESTUURSRADE

1. INLEIDING

Die 1996 wysigings tot die Wet het, onder andere, die vereiste ingevoer dat elke fonds oor 'n raad moet beskik.

Hierdie omsendbrief bepaal die beleid van die RFD aangaande wat in die statute van fondse vervat behoort te word met betrekking tot bestuursrade, vir die doel van registrasie van nuwe fondse en wat ouere fondse moet aanvaar by die wysiging van hul statute om aan die Wet te voldoen.

Spesifieke bepalings van hierdie omsendbrief wat bykomstig is tot spesifieke vereistes van die Wet moet, waar toepaslik, aan voldoen word deur alle fondse teen 15 Desember 1998.

2. OMSKRYWINGS

In hierdie Omsendbrief, word die volgende woorde omskryf soos aangedui -

2.1 Die Wet : Die Wet op Pensioenfondse, 1956, soos gewysig.

2.2 Ou Fondse : Alle fondse vir die eerste maal geregistreer voor 19 April 1997.

2.3 Nuwe Fondse : Alle fondse vir die eerste maal geregistreer op of na 19 April 1997.

2.4 Die Statute : Die statute van fondse.

2.5 Raad : 'n Bestuursraad ingevolge artikels 7A en 7B van die Wet.

3. RAAD VAN DIE FONDS - A. 7A(1)

3.1 Elke fonds moet oor 'n raad beskik bestaande uit minstens vier lede, waarvan die lede van die fonds die reg sal h� om minstens 50% te verkies.

Alle aktiewe lede, pensioenlede (insluitend afhanklikes van oorlede lede wat voordele ontvang afhanklik van die bepalings van die fonds-statute) en uitgestelde pensioenarisse het die reg om die raad te verkies. Waar 'n fonds 'n pensioen van 'n versekeraar koop, in die naam van 'n lid en die aanspreeklikheid oorgaan op die lid, hou so 'n persoon op om lid van daardie fonds te wees, en is nie gekwalifiseer om lede van die raad te verkies nie.

3.2 Ou fondse moet aan hierdie vereistes teen 15 Desember 1998 voldoen.


3.3 Die statute van nuwe fondse moet die vereistes van die Wet met betrekking tot rade op die datum van registrasie bevat. Die aansoek om registrasie van 'n fonds moet die name van die lede van enige dan geldende raad, wie nie as raadslede verkies hoef te word nie, insluit. Indien die statute nie bepalings bevat wat die aanvanklike raad verplig om lede van die fonds binne 'n bepaalde tydperk in staat te stel om hul reg van verkiesing van raadslede uit te oefen nie, moet die aansoek om registrasie die benaderde datum van sodanige verkiesing, indien toepaslik, vermeld.


4. BEPALINGS INGEVOLGE DIE WET EN REGULASIES MET BETREKKING TOT RAADSLEDE WAT IN DIE STATUTE VERVAT MOET WORD - A. 7A(2)

Die statute moet, afgesien van die vereistes vervat in regulasie 30 (waar toepaslik) voorsiening maak vir die volgende aangeleenthede:

4.1 Die minimum getal raadslede

Hoewel 'n voorsittende persoon deur die raad aangestel mag word, is dit verkieslik dat die voorsittende persoon deur die raad verkies moet word.

Die voorsittende persoon, hetsy aangestel of verkies, hoef nie 'n raadslid te wees nie. Nogtans, moet 'n voorsittende persoon, met stemreg, wie nie 'n raadslid is nie, onmiddellik een word wanneer geko�pteer, behoudens die vereistes van Artikel 7A(1) van die Wet.

Enige afwyking van die voormelde gestelde voorkeur moet verduidelik word wanneer die betrokke statute of statute-wysigings aan hierdie kantoor vir registrasie voorgel� word.

4.2 Die getal raadslede wat die lede die reg het om te verkies.

• Raadslede hoef nie lede van die fonds te wees nie, maar die statute mag vereis dat raadslede deur die lede verkies, lede van die fonds moet wees, indien aldus ooreengekom deur die toepaslike werknemers-onderhandelingsforums.

4.3 Die verkiesingsprosedure vir raadslede wat deur lede verkies staan te word.

• Die verkiesingsprosedure behoort duidelik aan te dui of die verkiesing by stemming of by stembriefie sal geskied.

4.4 Die vul van vakatures in die raad.

4.5 Ampstermyn van raadslid.

• Die ampstermyn behoort nie 'n tydperk van 5 jaar te oorskry nie.

Hoewel statute nie noodwendig daarvoor voorsiening hoef te maak nie, moet in ag geneem word dat enige wesentlike verandering in die samestelling van fondslidmaatskap 'n verandering in samestelling van die raad mag genoodsaak.

4.6 Prosedures wat op raadsvergaderings gevolg moet word.

• Raadslede is geregtig op behoorlike kennisgewing van raadsvergaderings. Statute moet verkieslik voorsiening maak vir minstens 15 dae kennisgewing vir gewone vergaderings van die raad. Statute mag voorsiening maak dat van sodanige kennisgewingtydperk deur alle raadslede afstand gedoen mag word.

Enige afwyking van die gestelde voorkeur behoort verduidelik te word wanneer die betrokke statute of statute-wysigings aan hierdie kantoor vir registrasie voorgel� word.

4.7 Die wyse waarop besluite op raadsvergaderings geneem word.

• Die statute behoort die meerderhede vir besluitneming te bepaal, byvoorbeeld, eenstemmigheid of meerderheidstem.

4.8 Wat 'n kworum op raadsvergaderings behels.

• Indien 'n raad bestaan uit meer as vier lede, behoort die kworum op raadsvergaderings so gestruktureer te word dat beide lede-verkose raadslede (indien verkies) en werkgewer-aangestelde raadslede (indien aangestel) in sodanige re�ling of konfigurasie ingesluit word (dit hoef nie 'n 50/50 verhouding te wees nie maar behoort die meerderhede vereis vir besluitneming op raadsvergaderings in ag te neem).

4.9 Die prosedure om dooie punte op die raad op te los.

• Die statute behoort te bepaal of 'n voorsittende persoon 'n beslissende stem sal h�, en die omstandige waaronder die beslissende stem uitgeoefen sal word (daar is verskeie ander alternatiewe waaroor ooreengekom mag word).

4.10 Die bevoegdhede van die raad.

• Die statute moet die beleggingsbevoegdhede toevertrou aan die raad indien enige, spesifiseer.

• Die statute moet voorsiening mag vir delegeringsbevoegdhede van die raad indien nodig.

4.11 Die omstandighede waaronder raadslede verwyder mag word en die prosedures vir verwydering.

4.12 Of raadslede vergoed sal word of nie, die grondslag vir vergoeding, en hoe vergoeding bereken sal word.

5. VRYSTELLINGS VAN DIE VEREISTE OM MINSTENS OOR VIER RAADSLEDE TE BESKIK - A. 7B(1)(a)

5.1 Die fonds moet by die registrateur aansoek doen en sal bewys moet lewer dat dit onprakties of onredelik duur sal wees om oor vier raadslede te beskik.

5.2 Die registrateur sal prima facie aanvaar dat indien 'n fonds oor minder as 50 lede beskik of sy bates gewaardeer word op minder as R2,5 miljoen, dit onprakties of onredelik duur sal wees om oor vier of meer raadslede te beskik.


Die registrateur sal die volgende aangeleenthede in ag neem:

• Die totale bates van die fonds, en die totale getal van fondslede

• Geografiese verspreiding van lede en/of werkgewers

• Die befondsingsmetode (omskrewe voordeel of omskrewe bydrae)

5.3 Die aansoeker moet die registrateur tevrede stel ten opsigte van die volgende aangeleenthede:

• dat die gehalte van rekordhouding, betaling van voordele en algemene fondsadministrasie nie nadelig geraak sal word nie;

• dat die fonds oor voldoende kundigheid sal beskik om sy bates te bestuur en te bel�; en

• dat die fonds oor voldoende interne beheer sal beskik.

• Waar 'n fonds deur 'n administrateur ingevolge artikel 13B van die Wet administreer word, sal dit, ten opsigte van die werksaamhede uitgevoer deur die administrateur, geag word aan die vereistes in hierdie paragraaf te voldoen het,.

5.4 Fondse wat aan hierdie maatstawwe voldoen, sal nie outomaties vrygestel word nie. Die registrateur sal vrystelling op 'n geval-tot-geval grondslag verleen, en mag verdere inligting aanvra soos nodig geag word, met inagneming van die besondere omstandighede van die fonds.

5.5 Lede behou steeds die reg om minstens 50% van die raad te verkies.

5.6 Vrystellings sal vir 'n tydperk wat nie drie jaar oorskry nie, verleen word, met dien verstande dat indien die voorwaardes waarop die fonds vrygestel is, wesentlik verander, die fonds die veranderinge aan die registrateur moet openbaar, wie dan die posisie sal heroorweeg. Op of voor die datum van verstryking van die vrystelling, sal van die fonds vereis word om aansoek te doen vir 'n verlenging van die vrystelling.

5.7 Dit is nodig dat daar minstens een raadslid sal wees wie nie die hoofbeampte is nie.

6. VRYSTELLING VAN DIE VEREISTE DAT FONDSLEDE DIE REG HET OM RAADSLEDE TE VERKIES - A. 7B(1)(b)

6.1 Alle "sambreel"-fondse, behoudsfondse en uittredingsannu�teitsfondse wie aansoek doen om hierdie vrystelling, moet oor minstens een onafhanklike raadslid beskik, en drie ander lede. Die kworum moet minstens vier wees en moet altyd die onafhanklike lid insluit.

• 'n "sambreel"-fonds is 'n fonds met meerdere deelnemende werkgewers wie nie filiale is van 'n enkele houermaatskappy nie.

• 'n onafhanklike raadslid behoort nie 'n werknemer van die werkgewer te wees nie, en behoort nie onder beheer of onder gemeenskaplike beheer van die werkgewer, administrateur of promotor van die fonds te wees nie. Die onafhanklike raadslid behoort verkieslik nie ander dienste aan die fonds, of werkgewer of promotor te voorsien nie. Enige afwyking van hierdie gestelde voorkeure behoort verduidelik te word wanneer die betrokke statute of statute-wysigings aan hierdie kantoor vir registrasie voorgel� word.

6.2 Die fonds moet by die registrateur aansoek doen.

6.3 Die aansoeker moet die registrateur ten opsigte van die volgende aspekte tevrede stel:

• dat die gehalte van rekordhouding, betaling van voordele en algemene fondsadministrasie nie geraak sal word nie;

• dat die fonds oor voldoende kundigheid sal beskik om sy bates te bestuur en te bel�; en

• dat die fonds oor voldoende interne beheer sal beskik.

• Waar die fonds administreer word deur 'n administrateur wie goedgekeur is ingevolge artikel 13B van die Wet, sal dit, ten opsigte van die werksaamhede deur die administrateur uitgevoer, geag word aan die vereistes van hierdie paragraaf te voldoen het.

6.4 Fondse wat aan hierdie maatstawwe voldoen, sal nie outomaties vrygestel word nie. Die registrateur sal vrystelling op 'n geval-tot-geval grondslag verleen, en mag verdere inligting aanvra soos nodig geag word, met inagneming van die besondere omstandighede van die fonds.

• Vrystellings sal vir 'n tydperk wat nie drie jaar oorskry nie, verleen word, met dien verstande dat indien die voorwaardes waarop die fonds vrygestel is, wesentlik verander, die fonds die veranderinge aan die registrateur moet openbaar, wie dan die posisie sal heroorweeg. Op of voor die datum van verstryking van die vrystelling, sal van die fonds vereis word om aansoek te doen vir 'n verlenging van die vrystelling.

7. TOEPASSING

Dit word van alle fondse verwag om aan die bogenoemde so gou doenlik te voldoen aangesien 'n stormloop verwag word nader aan die jaareinde. Waar fondse nie aan mindere beleidsaangeleenthede uiteengesit in hierdie omsendbrief kan voldoen nie, moet 'n onderneming verskaf word aangaande die datum van voldoening.

REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE

Hierdie omsendbrief is ook beskikbaar in Engels, S. Sotho en Zulu.

Die Registrateur van Pensioenfondse

Posbus 35655

MENLO PARK

0102

12/8/............................

Ek erken ontvangs van een kopie van PF No 96 van Junie 1998, en bevestig dat 'n kopie van hierdie omsendbrief aan die ouditeur en waardeerder (waar toepaslik) oorhandig is.

Handtekening van die Voorsitter/ Hoof- Uitvoerende Beampte:.............................................

Handtekening van die Hoofbeampte/Direkteur:....................................................................

Naam van Fonds/Administrateur/Uittredingsannu�teitsfonds.................................................

..........................................................................................................................................................................................................................................................................

Datum:..........................................................................................................................


                                                        OMSENDBRIEF PF NO 99

(Aan alle selfgeadministreerde fondse, alle fondsadministrateurs, en die administrerende versekeraars van fondse vrygestel ingevolge artikel 2(3)(a) van die Wet)

                        REPATRIASIE VAN SURPLUS NA DEELNEMENDE WERKGEWERS

'n Aantal versoeke is by die Registrateur van Pensioenfondse ingedien om wysigings aan die statute van pensioenfondse goed te keur wat repatriasie van surplus na die werkgewer by likwidasie van die fondse toelaat, ondanks die moratorium deur die Registrateur op sodanige repatriasies geplaas hangende die aanvaarding van die Wysigingswet op Pensioenfondse, 1998, deur die Parlement.

Die Registrateur het regsadvies oor die aangeleentheid ingewin. Hierdie Omsendbrief som die regsadvies wat ontvang is, op, en bevestig dat geen wysigings goedgekeur sal word wat repatriasie van surplus na die werkgewer moontlik sal maak nie, selfs by likwidasie, tot tyd en wyl die Wet gewysig word om dit te veroorloof.

1. Advokaatsopinie oor die repatriasie van surplus na die werkgewer

Die mening van 'n Senior Advokaat is versoek oor die vraag of 'n voorgestelde wysiging van die Statute van 'n fonds wat repatriasie van surplus by likwidasie van die fonds aan die werkgewer sal veroorloof, bestaanbaar sou wees met die Wet op Pensioenfondse, of nie, aangesien die Registrateur, ingevolge artikel 12(4), slegs 'n wysiging mag registreer wat, onder meer, nie onbestaanbaar met die Wet is nie.

Die advokaat het geadviseer dat by besluitneming om 'n voorgestelde wysiging te registreer of nie, die Registrateur nie oor 'n diskresie beskik nie; indien dit onbestaanbaar met die Wet sou wees, is hy nie by magte om die voorgestelde wysiging te registreer nie.

Die advokaat het drie beginsels gestel:

(a) Die fonds en bates van die pensioenfonds word deur die pensioenfonds besit, 'n afsonderlike regspersoon, tot uitsluiting van alle andere;

(b) Die doel waarvoor daardie fondse gehou word, is vir die voordeel van die lede van die fonds en hul afhanklikes deur middel van enkelbedrag voordele en jaargelde (pensioene) by aftrede of dood;

(c) Die fondse aldus gehou, word tot die algehele uitsluiting van die werkgewer gehou.

Die volgende stap was om te bepaal of die likwidasie van die fonds die situasie verander. Daar is niks in die Wet vervat wat hierdie beginsels onderworpe maak aan 'n uitsondering dat, by likwidasie van die fonds, indien daar 'n surplus van bates is bo dit wat nodig is om die voordele waartoe alle bevoordeeldes geregtig is kragtens die statute te verseker, die werkgewer 'n belang in daardie surplus verkry of kan verkry nie.

Gesien vanuit 'n ander hoek, kan die vraag gevra word of die trustees hul fidusi�re pligte op 'n behoorlike wyse uitgeoefen het, of nie, en by hul besluitneming enige botsing van belange vermy het.

Indien, byvoorbeeld, dit gevind word dat die trustees volgens die wense van die werkgewer opgetree het en met volledige verontagsaming van die belange van bevoordeeldes en die doeleindes waarvoor die pensioenfonds ingestel is, sou dit opsigself 'n goeie grond gewees het waarop die Registrateur 'n wysiging kon verwerp.

Die voorgestelde wysiging wat repatriasie van fondse na 'n werkgewer sou veroorloof, is gevolglik nie bestaanbaar met die Wet nie en behoort deur die Registrateur afgewys te word. Die Registrateur beskik nie oor 'n diskresie om nie die wysiging af te wys nie.

Hierdie mening is bestaanbaar met 'n mening van 'n ander Senior Advokaat. Beide Advokate het ook die Registrateur geadviseer dat die Lintas-beslissing van die App�lraad ingestel ingevolge artikel 26(1) van die Wet op die Raad op Finansi�le Dienste, 97 van 1990, nie as a presedent aanvaar moet word nie.

2. Reaksie van die Registrateur

Die Registrateur is aktief besig om wysiging van die Wet op Pensioenfondse om distribusie van surplus tussen belanghebbendes te veroorloof, te fasiliteer, met inbegrip van repatriasie aan die werkgewer, onder omstandighede wat misbruik sal voorkom en die belange van lede en pensioenarisse sal beskerm. Onderhandelinge word met belanghebbende partye gevoer.

Na oorweging van die menings van twee vooraanstaande Senior Advokate wie geraadpleeg is, glo die Registrateur dat hy oor geen bevoegdheid kragtens die Wet op Pensioenfondse beskik om repatriasie van surplus aan die werkgewer toe te laat nie en dat hy verplig is om te weier om enige statuutwysiging wat repatriasie by likwidasie sou veroorloof, te registreer.

Die posisie sal slegs verander indien die Parlement 'n wysiging van die Wet op Pensioenfondse aanvaar wat die Registrateur toelaat om sodanige wysigings te registreer, of indien 'n gesaghebbende Hofuitspraak te dien effekte gelewer word.


Met agting

 

REGISTRATEUR VAN PENSIOENFONDSE